Kleredrag

Alle kleuters wat in Heetyd Speeltyd Kleuterskool is, se besittings/klere moet duidelik gemerk word.

Kleuters moet elke dag 'n tas met een stel skoon klere saambring kleuterskool toe.

Ons vra ons Centurion ouers om toe te sien dat die kleuters gemaklik aangetrek is, sodat hulle met gemak kan speel en vuil mag word. Speel met verf, sand en modder is deel van die dag se werk hier by Heeltyd Speeltyd en deftige klere weerhou die kleuter van deelname aan die belangrike aktiwiteite.

Spreuke 10 vers 9 : Wie 'n reguit pad loop is 'n gelukkige mens, kronkelpaadjies bring jou in groot ellende.