Skooltye

06:30 - 17:30

Alhoewel die aktiwiteite hier in Centurion by Heeltyd Speeltyd eers 8 uur begin, kan u kind reeds om 06:30 by die kleuterskool afgelaai word.

Geen kind mag egter later as 17:30 by die Kleuterskool opgelaai word nie.

Ouers word asb. versoek om nie laat te kom nie, aangesien dit die kleinjies geweldig ontstel as almal vertrek en hy/sy alleen by die Kleuterskool agterbly.

Neem kennis dat 'n boete gehef sal word indien u laat is. Hierdie geld word gebruik om die personeel van Heeltyd Speeltyd Kleuterskool te vergoed vir die ekstra tyd wat hulle moes bly om na u kind om te sien.

Wees asb. baie versigtig vir verkeer hier by die kleuterskool in Centurion wanneer u arriveer of vertrek.

Toestemming moet telefonies, persoonlik of skriftlik gegee word indien iemand anders buiten uself u kleuter by Heeltyd Speeltyd Kleuterskool in Centurion kom afhaal. Kleuters mag onder geen omstandighede sonder volwasse begeleiding die skool verlaat nie.

Skooltye

  

Tyd

Voldag   06h30 - 17h30
Halfdag   06h30 - 14h00
Formele Program   08h00 - 12h00

Spreuke 10 vers 9 : Wie 'n reguit pad loop is 'n gelukkige mens, kronkelpaadjies bring jou in groot ellende.